Finansiële Beplanning
Individueel – Pasmaak Finansiële Beplanning om na die behoeftes van elke individu om te sien in terme van: Lewensdekking, Ongeskiktheidsdekking, Trauma, Verlies van Inkomste.
Besigheid – Besighede faal dikwels na ‘n vennoot en/of hulle werkgewer te sterwe kom of die besigheid verlaat. Effektiewe maniere om verligting vir hierdie probleme is:
Sleutelpersoonversekering, Koop-en-Verkoopooreenkomste, Inkorting van Handelsvryheid, Gebeurlikheidsversekering.
Aftreevoorsiening
Aftreebeplanning gaan gewoonlik gepaard met belastingbeplanning. Verskeie moontlikhede is beskikbaar en die keuse berus gewoonlik by die belasting effektiefste.
Keuses beskikbaar is: Aftree-Annuïteite, Voorsorgfondse, Pensioenfondse, Voorkeur Vergoeding, Uitgestelde Vergoeding.
Voorkeur en Uitgestelde Vergoeding kan ook aangewend word om werknemers te bind aan die onderneming.
Beleggings
Verskillende beleggings is geskik van persoon tot persoon en ‘n deeglike analiese, insluitende ‘n risiko profiel behoort gedoen te word alvorens ‘n besluit gemaak kan word.
Van die moontlikhede is: Buitelandse Beleggings, Kontant, Effekte, Eiendomme, Uitkeerversekering, Effektetrusts, of ‘n kombinasie van bogenoemde.
Boedelbeplanning
Boedelbeplanning sluit in, ‘n Testament en is gewoonlik die mees afgeskeepte deel van enige persoon se algehele finansiële beplanning.
Die volgende behoort oorweeg te word:
Is daar genoeg geld beskikbaar by afsterwe vir die volgende: Boedelbelasting, Inkomste om vir u Eggenote / Gade en kinders te sorg.
As bogenoemde afgeskeep is, mag u familie selfs eiendom of ander bates moet verkoop, wat al vir ‘n baie lang tydperk in die familie is of teen dit te gaan leen, wat finansiële druk veroorsaak.
Algemene reel: R1m = R6000/maand wat eskaleer teen 6% per jaar
P.P.S (Professional Provident Society)
Dit is die seker die beste en mees bekostigbare dekking vir professionele persone, nl. Dokters, Prokureurs, Tandartse, Ingenieurs, Rekenmeesters ens. of enige ander persoon met ‘n vier jaar graad of meer.
Dekking sluit in: Siekte(Inkomstebeskerming), Ongeskiktheid, Hospitaal Voordele,Lewensdekking, Enkelbedrag Ongeskiktheid, Trauma, Mediesefonds.
Na ‘n wagperiode van sewe dae word die voordele betaal vanaf dag een.
Mediesefondse
Ons is gekontrakteer met verskeie mediesefondse en skemas, wat gemik is op die individu sowel as groepe.
Van die fondse waarmee ons gekontrakteer is, sluit die volgende in: Discovery, Medshield, Fedhealth, Momentum,Oxygen, ens.
“Gap Cover” word ook aangebied, wat die verskil dek tussen u hospitaalrekening en die mediesefonds uitbetaling.
Contact details
Aurum Trust
FSP 13250
FSP 13250
Tel: 021 851 7011
Cell: 083 302 1525
Fax: 086 670 8018
Email:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Accredited services













