Aurum Trust is gedurende 1990 gestig deur Gustav Potgieter. Aanvanklik het die Maatskappy net as beleggingsmakelary gekonsentreer, maar het uitgebrei in verskeie ander afdelings.
Met die veranderende behoeftes van ons kliënte, het Aurum Trust uitgebrei om ook lewensversekering, werknemervoordele, boedelbeplanning en -bereddering mediesefondse en ander dienste genoem onder ons dienste afdeling.
Mense
Gustav Potgieter (Direkteur)
Gustav Potgieter het gematrikuleer aan Paul Roos Gymnasium en verder studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy gradeer in B.Comm (Hons.), Bedryfsekonomie in Desember 1988.
Gedurende 1996 het hy ook’n lid van die Instituut van Lewens en Pensioen Adviseurs (FILPA), beter bekend as die Finansiële Beplanning Instituut (FPI) geword.
In November 1998. het ILPA in ‘n ooreenkoms saamgesmelt met die CFP Raad van Standaarde – USA – en raak die S.A. geaffilieerde van hierdie raad. In die proses het ILPA ook ‘n lid van internasionale CFP Raad geword.Gustav Potgieter doen uitgebreide finansiële beplanning en dek al die aspekte van beplanning, ingesluit Boedelbeplanning.
Hy is getroud met drie kinders en sy stokperdjies sluit bykans alle sport in (as deelnemer of toeskouer!). Hy geniet dit om te reis en tyd saam met sy familie te spandeer.
Visie
Aurum Trust streef altyd daarna om die beste moontlike diens in die vinnigste moontlike tyd te lewer en bly by ons maatskappy se filosofie dat ons nie die grootste maatskappy wil wees nie, maar eerder die beste.
FSP 13250













